
Dis hoe dit moet is!!!
-
- Passed radio course
- Posts: 69
- Joined: Fri Sep 03, 2010 1:12 pm
- Location: Koedoeskop area Between Brits and Thabazimbi
- Contact:
Dis hoe dit moet is!!!
Ek wil gebruik maak van die geleentheid om my waardeering uit te spreek oor n mede vlienier en kollega Tribal Croc van Sibaka Ntokozo Lodge vir sy gasvryheid. Hy het al verskei kere hier oor my my gevlieg maar nooit het ons mekaar ontmoet nie. Na n bietjie speur werk op die forum kry ek toe sy kontak besonderhede en kontak hom. Ek stel my self, toe offisieel bekend en "Nee sy hy ook dis hoog tyd dat ons by mekaar uitkom" en nooi my toe om Sat oggend oor te vlieg vir n koffie. 8 Uur Sat oggend is ek in die lug na al die pre - flight en dinge wat eers sorgvuldig en deeglik gedoen moet word, sonder haas. Ek vlieg toe oor nog n vriend en kollega Johan en Cristo Van der Merwe van Sunset Ranch se vlieg veld en gaan land to heel wat later as wat ek beplan het a.g.v. van n wind van voor by Tribal, maar voor ek land sien ek daar kom die Cruiser aan gery toe weet ek dit kan maar net hy wees. Daar geland word ek deur n lang jong man met n bree glimlag begroet. Na n lekker koffie en n gesels oor ATF, AI en lisensie hernuwings kry ek nog n geskenk ook wat ek baie waardeer maar nie net dit nie, ek dink dis n bakgat idee ook, dis n geborduurde lap wapen wat ek op my vlieg baadie gaan sit wat sê LANDED AT NTOKOZO met n Krokodil op met n ysige glimlag en GAME LODGE S 24 58.759 E 02752.882 op. Ek en Tribal gaan hierdie bosveld saam plat vlieg want sien ons is in die bevooregte posisie om nie "pub crawling" soos ons stads nefies en niggies te doen nie maar "Lodge hopping" te kan doen want ons sit in die middel van maklik 15+ lodges en wilds plase met aanloopbane asook met die mooi Krokodil vallei en Waterberge op ons voorstoep. O en dan wat lekker is ons hoef nie kilometers te ry na die naaste vlieg veld en as jy daar kom dan waai die wind so dat nie eers n 747 wil opstyg nie. Die wind waai bitter min vroeg oggend en laat middag hier tensy dit a massiewwe front of n Donder storm is. As daar van julle stads nefies en niggies is wat belangstel om hierdie lekker saam te wil mee maak kan julle ons gerus kontak. 

-
- The Big Four K
- Posts: 5052
- Joined: Tue May 24, 2005 7:09 am
- Location: Mooketsi,Duiwelskloof
- Contact:
Re: Dis hoe dit moet is!!!
Dis nou Bosveldgasvryheid




- Pieter Smith
- Flying low - mind the power lines
- Posts: 379
- Joined: Mon Mar 29, 2010 4:12 pm
- Location: Alldays, Limpopo
Re: Dis hoe dit moet is!!!
Ja nee, 'n regte Bosveld Storie.
Geniet en veilig vlieg.

- Shallowpig
- Learning to fly
- Posts: 52
- Joined: Mon Aug 30, 2010 7:32 am
- Location: The Coves
Re: Dis hoe dit moet is!!!
Wingover - jy het PM
I should have..,I could have..., I would have...,
Means nothing compared to I DID...
Means nothing compared to I DID...
- BONZAI BELL
- I hate turbulence
- Posts: 337
- Joined: Fri Sep 17, 2010 11:54 am
- Location: Springs Airfield
Re: Dis hoe dit moet is!!!
Tribal croc se gasvryheid en hulpvaardigheid wil ek graag ook self bevestig , om nie eers te praat van die pragtige lodge nie. Op my eerste geleentheid daarheen per voertuig(agv. die weer) het het ek daar oornag. Jy word op die hande gedra. My tweede geleentheid , daar geland , en ook my " Landed at Ntokosa" lap wapen ontvang.
Dit is n vooreg om Francois en Landi met al hul gasvryheid te ken.
Dit is n vooreg om Francois en Landi met al hul gasvryheid te ken.
ZU-EOL
Magni M-22
Magni M-22
Who is online
Users browsing this forum: No registered users and 4 guests