Speed is LIFE.

Questions about training in general, syllabus', requirements etc
User avatar
Folla
I hate turbulence
I hate turbulence
Posts: 339
Joined: Fri Aug 17, 2012 2:06 pm
Location: Die vreemde in!!!

Speed is LIFE.

Postby Folla » Fri Jul 26, 2013 1:19 pm

Enige iemand wat wil weet hoe n stall werk, vra my. Het gister amper Kroon se hoenderhokke in vroe braaikuikens verander.
Nee dit is nie maklik of lekka om dit te erken of hier te skryf nie, maar ek het veilig uitgekom en hoop iemand anders leer ook.
16:30 Preflihgt en doen een circuit alleen, Niks wind of stamp nerens in circuit nie. Ok veilig om passasier saam te vat. Altwee se gewig
saam omtrent 160 kg. Reg styg op vanaf 11 rigting Suid. Hou hom langer op die grond vir spoed. In die lug maar sukkel om hoogte te kry.(fout nr.2)
Druk die bar vorente vir hoogte want die kragdrade begin nou risiko raak.(fout nr.3) Veilig oor die drade maar kry nie hoogte en vlerk val na links.
Trek om uit met bar terug en kry hom stabiel, maar kry nogsteeds nie hoogte nie. Druk weereens bar vorentoe.(Fout nr.4) Alle hel bars los vlerk val na regs en die hoenderhokke is nou realiteit.
Met vlerk wat val Draai die trike 180 grade om. Ek hou deur alles volkrag wat ek na die tyd besef my behoud was. Met die draai slag trek ek die bar vol in en wonder bo wonder stabiliseer die vliegtuig boomtoppe hoog.
Nie vir een oomblik het ek besef hierdie is n stall nie. Ek het nadat ons veilig geland het op 29 alle moontlikhede ondersoek, selfs die vlerk deurgegaan die motor ondersoek. Het vier dry runs gaan doen en rpm dopgehou, maar niks is fout nie. Staan met Paul en praat oor wat gebeur het. Hy vra wat was jou spoed voor jy lift gekry het. En dit is toe dit my slaan en ek soos een van kroon se hoenders voel. Het nooit spoed dopgehou nie. Van fout 1 tot fout 4 almal dieselfde geen spoed toegelaat nie. Ek was so behep met hoogte kry dat ek letterlik en figuurlik die bar na my eie dood toe gedruk het. My mayday call was 5 sekondes weg.
Wat ek wel reg gedoen het en ek se dit soos ek dit daar beleef het,kom wat wil ek vlieg die fokken vliegtuig tot op die grond moenie opgee nie.
Hierdie is my eie simple fout en ek erken dit, maar maklik sal dit nie weer gebeur nie. want die leerskool kom met ondervinding.
Folla

This is not Flying, this is a Flippen Adventure.!!!!![/size]
User avatar
nicow
The Big Four K
The Big Four K
Posts: 4958
Joined: Tue May 24, 2005 7:09 am
Location: Potgietersrus
Contact:

Re: Speed is LIFE.

Postby nicow » Fri Jul 26, 2013 2:05 pm

Nou het jy met ondervinding geleer-bly jy het nie skade.Onthou,Airspeed,airspeed en airspeed... ## ##
Nico
Limpopo Flight School
vliegskool@hotmail.com
ZU-AWA
ZU-DMM
ZU-AJO
ZU-AWF
ZU-BAI
ZS-WOR
ZU-TCT
ZU-DOD
ZU-CIE
ZU-BIW
User avatar
AWACS
Solo cross country
Solo cross country
Posts: 147
Joined: Wed Oct 15, 2008 5:19 pm
Location: Centurion

Re: Speed is LIFE.

Postby AWACS » Sun Aug 11, 2013 6:13 pm

Success is a poor teacher.....(Robert Kyosaki)

Dit vat n GROOT man om sy foute te erken en te leer daarby (^^) (^^)

So leer ons almal -Bly julle is veilig!

Well done! (^^)
Raptor 582
ZU-Sling 2
User avatar
Folla
I hate turbulence
I hate turbulence
Posts: 339
Joined: Fri Aug 17, 2012 2:06 pm
Location: Die vreemde in!!!

Re: Speed is LIFE.

Postby Folla » Tue Aug 13, 2013 8:44 pm

Sal seeker link nie weer so fout make nie, maar nou te bang om te vlieg. (**)
Folla

This is not Flying, this is a Flippen Adventure.!!!!![/size]
User avatar
nicow
The Big Four K
The Big Four K
Posts: 4958
Joined: Tue May 24, 2005 7:09 am
Location: Potgietersrus
Contact:

Re: Speed is LIFE.

Postby nicow » Wed Aug 14, 2013 7:18 am

Folla wrote:Sal seeker link nie weer so fout make nie, maar nou te bang om te vlieg. (**)
Jy moet gou weer vlieg-vra 'n instrukteur om saam jou te vlieg,net om jou selfvertroue weer terug te kry.Dit is belangrik om gou weer in die lug te kom.Kom maak 'n draai hier in Potties as jy nie daar wil vlieg nie...
Nico
Limpopo Flight School
vliegskool@hotmail.com
ZU-AWA
ZU-DMM
ZU-AJO
ZU-AWF
ZU-BAI
ZS-WOR
ZU-TCT
ZU-DOD
ZU-CIE
ZU-BIW
Tortoise man
Going for flight test
Going for flight test
Posts: 179
Joined: Mon Nov 22, 2010 9:36 pm

Re: Speed is LIFE.

Postby Tortoise man » Wed Sep 18, 2013 7:12 pm

Dankie dat jy dit vir ons vertel , dit red dalk iemand se lewe vorentoe.
Jy moet stick and rudder lees.
Groete

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 7 guests