Enige iemand wat wil weet hoe n stall werk, vra my. Het gister amper Kroon se hoenderhokke in vroe braaikuikens verander.
Nee dit is nie maklik of lekka om dit te erken of hier te skryf nie, maar ek het veilig uitgekom en hoop iemand anders leer ook.
16:30 Preflihgt en doen een circuit alleen, Niks wind of stamp nerens in circuit nie. Ok veilig om passasier saam te vat. Altwee se gewig
saam omtrent 160 kg. Reg styg op vanaf 11 rigting Suid. Hou hom langer op die grond vir spoed. In die lug maar sukkel om hoogte te kry.(fout nr.2)
Druk die bar vorente vir hoogte want die kragdrade begin nou risiko raak.(fout nr.3) Veilig oor die drade maar kry nie hoogte en vlerk val na links.
Trek om uit met bar terug en kry hom stabiel, maar kry nogsteeds nie hoogte nie. Druk weereens bar vorentoe.(Fout nr.4) Alle hel bars los vlerk val na regs en die hoenderhokke is nou realiteit.
Met vlerk wat val Draai die trike 180 grade om. Ek hou deur alles volkrag wat ek na die tyd besef my behoud was. Met die draai slag trek ek die bar vol in en wonder bo wonder stabiliseer die vliegtuig boomtoppe hoog.
Nie vir een oomblik het ek besef hierdie is n stall nie. Ek het nadat ons veilig geland het op 29 alle moontlikhede ondersoek, selfs die vlerk deurgegaan die motor ondersoek. Het vier dry runs gaan doen en rpm dopgehou, maar niks is fout nie. Staan met Paul en praat oor wat gebeur het. Hy vra wat was jou spoed voor jy lift gekry het. En dit is toe dit my slaan en ek soos een van kroon se hoenders voel. Het nooit spoed dopgehou nie. Van fout 1 tot fout 4 almal dieselfde geen spoed toegelaat nie. Ek was so behep met hoogte kry dat ek letterlik en figuurlik die bar na my eie dood toe gedruk het. My mayday call was 5 sekondes weg.
Wat ek wel reg gedoen het en ek se dit soos ek dit daar beleef het,kom wat wil ek vlieg die fokken vliegtuig tot op die grond moenie opgee nie.
Hierdie is my eie simple fout en ek erken dit, maar maklik sal dit nie weer gebeur nie. want die leerskool kom met ondervinding.
Speed is LIFE.
Speed is LIFE.
Folla
This is not Flying, this is a Flippen Adventure.![/size]
This is not Flying, this is a Flippen Adventure.![/size]
-
- The Big Four K
- Posts: 4961
- Joined: Tue May 24, 2005 7:09 am
- Location: Mooketsi,Duiwelskloof
- Contact:
Re: Speed is LIFE.
Nou het jy met ondervinding geleer-bly jy het nie skade.Onthou,Airspeed,airspeed en airspeed...
Re: Speed is LIFE.
Success is a poor teacher.....(Robert Kyosaki)
Dit vat n GROOT man om sy foute te erken en te leer daarby
So leer ons almal -Bly julle is veilig!
Well done!
Dit vat n GROOT man om sy foute te erken en te leer daarby
So leer ons almal -Bly julle is veilig!
Well done!
Raptor 582
ZU-Sling 2
ZU-Sling 2
Re: Speed is LIFE.
Sal seeker link nie weer so fout make nie, maar nou te bang om te vlieg.
Folla
This is not Flying, this is a Flippen Adventure.![/size]
This is not Flying, this is a Flippen Adventure.![/size]
-
- The Big Four K
- Posts: 4961
- Joined: Tue May 24, 2005 7:09 am
- Location: Mooketsi,Duiwelskloof
- Contact:
Re: Speed is LIFE.
Jy moet gou weer vlieg-vra 'n instrukteur om saam jou te vlieg,net om jou selfvertroue weer terug te kry.Dit is belangrik om gou weer in die lug te kom.Kom maak 'n draai hier in Potties as jy nie daar wil vlieg nie...Folla wrote:Sal seeker link nie weer so fout make nie, maar nou te bang om te vlieg.
-
- Going for flight test
- Posts: 179
- Joined: Mon Nov 22, 2010 9:36 pm
Re: Speed is LIFE.
Dankie dat jy dit vir ons vertel , dit red dalk iemand se lewe vorentoe.
Jy moet stick and rudder lees.
Groete
Jy moet stick and rudder lees.
Groete
Who is online
Users browsing this forum: No registered users and 6 guests