Postby Beefmaster » Sat Aug 18, 2012 9:46 pm
Hello Bullseye!
Geluk dat jy begin vlieg, en welkom in ons wereld vir f***ol geld oor vir enigiets anders, en honger kinders. Petrol is duur. Ons kannie help nie. Bly jy geniet jou training so baie, ek het net so! Ek het in Middelburg gebly laasjaar en moes elke dag Witbank toe ry om by Boris Benic te gaan train. Ek onthou as daar die kleinste bries was kon ons nie vlieg nie, was maar 'n frustrerende tyd, het 40 trips op en af gery!! Ek het na die eerste (lekker) paar ure, 'n volle 13ure in die circuit gedoen voor ek kon solo, en ek dog ek was al op 5ure ready freddy!! Ek was nie, want my landings was nie tweede natuur nie. Wat ek gedoen het, was om fisiese die vlerk te veel te wil rondskuif op approach, en gedink die flare is 'n tegniese ding. Dit is nie, voel die vlerk in jou hande. Met flare, vlieg level tot sy self sak, dan flare jy bietjie, weer sak, flare nog bietjie ens. Dit sal naderhand tweede natuur word, en DAN eers sou ek se jys reg vir solo. Oppas vir te vroeg solo, jy gaan jou self bang vlieg en nooit weer vlieg nie. 'n Ander ding, baie ouens train in die wind, meeste van daai ouens maak nie klaar nie, volgens Boris. Leer eers jou aerie behoorlik vlieg in kalm lug, en as die wind jou die dag tref, sal jy weet hoe om te vlieg, en nie skrik nie. Klein bries (5kts of minder) is dalk goeie blootstelling though. Ek dink baie ouens sal nie saamstem nie, maar Boris het gesweer daarby, en ek is hom ewig dankbaar daarvoor, want ek is nie 'n bang pilot nie, maar 'n SUPER versigtige een. Ek het vi 9 maande nie kon vlieg nie omdat ek nelspruit toe getrek het, en toe ek begin Junie weer vlieg, was dit in Ballito, 12uur die middag, 15kts crosswind en vol knoppe. Nie geworry nie, want dit was 2de natuur om te vlieg. Vrees is nie jou pel in die lug nie!
Maar dis vrek lekker, veral as jy dit gegrease het, x-country is 'n awesome eerste experience, die geedagte van A na B sonder om grond te vat, dit sal jy geniet glo ek!
En voor jy jou oe uitvee, is jy klaar en op jou eie. Lekker gevoel daai!!
Enjoy jou vlieg en kom maak 'n draai as jy laaaaang cross country vat Nelspruit se kant toe, my koffie is moer lekke en for free!
Groete,
Gavin
ZU-DMB -> Worlds hottest Raptor 582
A powerline never hits an aircraft, except in self-defence.
Gavin Kukard