Page 1 of 1

HOE BESTEL MENS GOIE WEER

Posted: Mon Sep 22, 2008 2:03 pm
by BOATCH
Erens het ek my resep vir goeie weer verloor, want ons fly in was toe n fly away soos die wind gewaai het. Was dit nie vir die Gyro manne en die twee of drie ander vliegtuie nie sou dit regtig n tragedie gewees het . Oja moenie die radio beheerde chopper vergeet nie, lyk my daar is nie n wind wat hom op die grond hou nie, maar dankie aan almal wat die wind trotseer het om ons dag beter te laat uitdraai van n (**) gewaaide Aliwal Groete. NS Ons het winde van 30 tot40kmph gehaat. :evil:

Re: HOE BESTEL MENS GOIE WEER

Posted: Mon Sep 22, 2008 9:03 pm
by Boet
vhpy vhpy vhpy :lol: Op jou kniee....... :wink: en as dit nie werk nie, se ons altyd op dieselfde wyse dankie vir die reen wat die wind vir ons gebring het. As ons nie kan vlieg nie, kuier ons, en DIE is amper betr as die vlieg :!: :!: vhpy vhpy vhpy

Re: HOE BESTEL MENS GOIE WEER

Posted: Tue Sep 23, 2008 12:42 am
by Cali
Ek stem saam boet, maar ek is al uitgekuier. Ek wag nou al 3 maande om solo te gaan. Tussen myself, die instrukteur en die weer se skeduleering gaan dit maar woes. Ek hoop om hierdie naweek reg te kom. (^^)

Re: HOE BESTEL MENS GOIE WEER

Posted: Tue Sep 23, 2008 8:08 pm
by Boet
Hier is dit vanaand velkombers weer. En pannekoek en brannewyn.......VROU, kom ons loop le. Ek kry ferkin koud. Sal iemand asb vir die weer vertel dis eintlik veronderstel om LENTE te wees. Die weer is nou wragtig net so deurmekaar soos die regering......... MAAR hier is ons NOOIT ondankbaar vir reen nie. Ons het gister die mees fantastiese weer vir vlieg geniet, maar toe moes die uwe werk. :cry:

Re: HOE BESTEL MENS GOIE WEER

Posted: Wed Sep 24, 2008 10:55 am
by Grumpy
Boet wrote: gister die mees fantastiese weer vir vlieg geniet, maar toe moes die uwe werk. :cry:
Prioriteite !!