Page 1 of 1

Nuwe vliegveld vir Tygerberg Model Vliegklub..Help asb..

Posted: Thu Aug 02, 2007 9:41 pm
by PhilWest
Ek is lid van bogenoemde klub en die klub is genoodsaak om een of ander tyd te skuif weens eiendomsontwikkeling in Durbanville.

Ons soek na 'n stuk redelike plat grond in die omgewing rondom Philadelphia, Klipheuwel, Van Schoorsdrif pad om 'n nuwe moderne vliegveld te bou met klubhuis wat sover as moontlik weg is vanaf beplande ontwikkelings.

Ek weet daar is persone wat microlights vlieg wat ook baie betrokke is by model vliegtuie en vra almal wat dalk van 'n stukkie grond weet, om groot asb. met my in kontak te kom.

Johan Fourie
083 68twee tweetwee72

Posted: Thu Aug 02, 2007 11:16 pm
by Bacchus
Waar presies wil hulle NOU nog ontwikkel?
Het jy dalk meer inligting?

Posted: Fri Aug 03, 2007 6:12 am
by PhilWest
Vanaf Graanendal tot by die oorhoofse kraglyne kom daar 'n reuse ontwikkeling. Dit is aan die regterkant van die pad soos jy Wintervogel toe ry, maar ek skat dit sal eers volgende jaar gebeur.

Posted: Fri Aug 03, 2007 8:48 am
by Biggles
Sorry to hear about the forced move... often stop to watch the RC aircraft on my way back from FAFK.

Good luck with finding a new spot.