Ek staan eendag en bekyk die polisie toe hulle 'n oproerige skare moet hanteer.
So 'n fris kaptein.....lyk soos n Kelvinator met 'n kop op.......is aan die roer van sake.
Toe die skare nader kom bulder hy Waaaater Canon!!
Hulle trek los met daai waterstraal en spuit die klomp so halwe straatblok terug, maar die klomp staan op en kom weer.
Weer bulder sy stem Pepperrrrr Sprayyyy!!!!!
Die manne trek los en roer die klomp met die gas, maar met rooi ogies en snotneuse kom hulle steeds.
Weer bulder sy stem Moerrrrr Hulleeee!!!!
Daar vlieg 'n span onder hulle in en slaan sewe soorte waks uit hulle uit met sambokke en knuppels, maar......ja........met seer gatte en al kom hulle steeds aan.
Toe brullll sy stem Laat los hulle!!!!!
En die manne laat los die honde!!!
Toe daardie honde onder hulle invaar spat die hele optog in meer rigtings as wat daar op n kompas is en alles is oor en verby.
Stap ek toe nader en vra baie vriendelik en moers nuuskierig vir die man nou hoekom dan al die moeite doen van water en pepper spray en knuppels en nie sommer van die begin die honde gebruik het nie?
Sonder om na my te kyk......met oë wat daaaaar staar antwoord hy droog..
Hierdie honde is baie vol stront. Hulle sit hulle bekke aan niks voordat dit nie eers gewas, ge-spice en getenderise is nie!
Grappie vir die dag
Re: Grappie vir die dag

http://www.facebook.com/#!/pages/Ladysm ... 6087337690
Rainbow Air School Ladysmith (rainbowairschool.com) larry@rainbowairschool.com
Rainbow Air School Ladysmith (rainbowairschool.com) larry@rainbowairschool.com
Re: Grappie vir die dag
Oubaas se honne!!




I have slipped the surely bonds of earth, and danced the sky’s on laughter-silvered wings ------- Keith Ferris
Who is online
Users browsing this forum: No registered users and 8 guests