Page 1 of 2

HULP MET GOPRO ASB

Posted: Sun Jan 12, 2014 2:19 pm
by pit bull
dag almal,
hoop die jaar is n mooi jaar vir almal, dit het baie goed begin vir my. het na manny se wilds plaas toe gevlieg op die 01/01/2014
so die eerste keer wat ek '''2014'' geskryf het was in my log-boek.( noord-wes van makoppa ) thabazimbi distrik. 1.3uur van eagle's creek.
nou soek ek hulp asb. kan iemand my se hoe kan ek my gopro se mikrofoon op- Koppel so dat wat ek se op die radio & intercom, op geneem kan word op die ''vidio'' van die gopro.
sal dit waardeer as iemand kan help. vhpy

groete

pit bull.

Re: HULP MET GOPRO ASB

Posted: Mon Jan 13, 2014 1:23 pm
by Pietb
PM Gestuur

Re: HULP MET GOPRO ASB

Posted: Mon Jan 13, 2014 2:10 pm
by koosg
Hi Piet.

Kan jy dit vir my ook stuur asb.

Re: HULP MET GOPRO ASB

Posted: Mon Jan 13, 2014 2:16 pm
by Pietb
koosg wrote:Hi Piet.

Kan jy dit vir my ook stuur asb.
Maak so !

Re: HULP MET GOPRO ASB

Posted: Mon Jan 13, 2014 2:29 pm
by pit bull
dankie piet,

ek het vir jou n pm gestuur

pit bull

Re: HULP MET GOPRO ASB

Posted: Mon Jan 13, 2014 4:16 pm
by Goose
Pietb wrote:PM Gestuur
Ag nee man watse ge PM is dit met jou ons almal wil weet :twisted:

Goose

Re: HULP MET GOPRO ASB

Posted: Mon Jan 13, 2014 5:41 pm
by Gyronaut
Ja, hou op agter julle hande fluister en vertel ons ook? Ek will ook weet!?

Ek het ook hulp nodig om 'n time-lapse movie te maak op die gopro, hoe doen mens dit?
As ek hom stel dat hy 'n foto elke 5 sekondes neem dan maak hy vir elke foto 'n file. Hoe speel ek dit in real-time op 'n rekenaar terug? .. ek soek eintlik slow-mo video.
Daar antwoord ek dalk my eie vraag… Dink nie my gopro kan dit doen nie. Hy is al oud.

Re: HULP MET GOPRO ASB

Posted: Mon Jan 13, 2014 7:03 pm
by KFA
http://www.aircraftspruce.com/menus/av/ ... pters.html

Ek gaan die week na volgende week 'n groot besending van spruce laat kom. Laat my weet dan sit ek dit vir jou met graagte by. Ek het vir myself ook op die lys.

Re: HULP MET GOPRO ASB

Posted: Mon Jan 13, 2014 8:15 pm
by pit bull
hi julle

KFA, piet het sy antwoord vir my gestuur via pm. ek kry dit nie reg om dit hier te plaas nie. vra asb vir piet om dit te doen, ek sit weer in RWANDA, KOM DIE 27st maart weer terug S-A toe.
PIET kan jy asb jou antwoord hier plaas, ek sukkel om dit van my pm wat jy gestuur het..... hier te plaas. ek glo dit sal baie manne help, soos vir my.
weer- eens dankie ek kontak jou as ek terug is.
veilig vlieg
pit bull

Re: HULP MET GOPRO ASB

Posted: Mon Jan 13, 2014 8:23 pm
by Pietb
Goose wrote:
Pietb wrote:PM Gestuur
Ag nee man watse ge PM is dit met jou ons almal wil weet :twisted:

Goose
Relax Manne !!!
Daar is geen geheime nie !! vhpy vhpy
Hier is maar die eenvoudige manier waarop ek dit doen....dit werk vir my en hopelik vir julle ook.
Groetnis !
Hier is wat ek vir Pitt Bull en Koos gestuur het.

Hi Koos
Eerstens watter tipe GoPro het jy ? Is dit die 2 of 3 model ?
Indien jy `n GoPro 2 het kan jy vir jou `n "Olympus ME 15" eksterne mikrofoon koop (ek het een by Digital World in Kolonade Sentrum Pretoria) gekry.
Dan Koppel ek sommer direk in kamera en vat die mikrofoon en sit dit binne in die cup van my headset. Werk soos `n droom as die kamera natuurlik in die vliegtuig gemonteer is (agv lengte van koord...is maar kort). As ek dit op die vlerk monteer het ek `n ander mikrofoon gevat en die koord verleng.
Nou....indien jy `n GoPro 3 het moet jy ook natuurlik `n eksterne mikrofoon kry maar die probleem is jy kan nie die stereo sok direk in die kamera Koppel nie en het `n "3.5 mm stereo na hdm kabeltjie (standaard GoPro item by New World Pretoria) nodig om die mikrofoon aan kamera te Koppel. "ook weer `n manier om geld te maak uit die man op straat !!)
Hoop jy kom reg.
Indien enige verdere vrae is jy welkom om te kontak.
Groetnis
Piet

Re: HULP MET GOPRO ASB

Posted: Mon Jan 13, 2014 8:28 pm
by pit bull
KFA wrote:http://www.aircraftspruce.com/menus/av/ ... pters.html

Ek gaan die week na volgende week 'n groot besending van spruce laat kom. Laat my weet dan sit ek dit vir jou met graagte by. Ek het vir myself ook op die lys.
sit my naam op vir n;
PILOT USA GOPRO HERO 3 TO DUAL GA HEADSET RECORDING ADAPTER............. $43.75
asb ek sit in Rwanda . ek sal jou betaal as ek terug is in sa
as dit n problem gaan wees, pm my jou bank beson/ dan sal ek my vrou vra om dit in jou rek te sit.
laat weet as dit reg is asb.
groete
pit bull. (^^)

Re: HULP MET GOPRO ASB

Posted: Mon Jan 13, 2014 8:31 pm
by pit bull
dankie piet!!!!!!!! vhpy vhpy

pit bull

Re: HULP MET GOPRO ASB

Posted: Mon Jan 13, 2014 8:48 pm
by KFA
Geen probleem. Sal uitsort wanneer jy hom optel.

Re: HULP MET GOPRO ASB

Posted: Mon Jan 13, 2014 8:52 pm
by Pietb
KFA wrote:Geen probleem. Sal uitsort wanneer jy hom optel.
Stefan sal jy so gaaf wees en vir my ook een bysit asseblief.
Sal dit ook toets en vergelyk met die manier waarop ek dit nou doen.
Tot later
Piet

Re: HULP MET GOPRO ASB

Posted: Mon Jan 13, 2014 8:57 pm
by KFA
Kan elkeen van julle net 'n mail na stefan @ saplanes .co.za stuur met jou besondehede en bestelling asb anders gaan dit agtrewee bly.