Page 1 of 1
KAN JY DIT GLO...
Posted: Wed Sep 19, 2012 8:45 pm
by Blue Max
Ek en Asterix be-oog om eersdaag op ons roete na Numbie vir n nag by Hippo Pools te oornag..
Dit sal ongeveer die 4 de keer wees wat ek hulle vereer met my ondersteuning.!!
Al die kere sover het ek daar geland met my trike..Ek en baie ander ouens..Daar ge-eet en daar oornag en vir almal vertel hoe lekker is dit om daar te oornag en te land..
Nou skielik moet ek n indemnity teken waar voor ek nie omgee nie....maar waaroor ek wel omgee is dat ek n landingsfooi van R50 moet betaal indien ek daar land..
"Bid jou dit aan" sou my oorlede ouma vir sulke nonsence gese het...en ek stem saam met haar...
Nou wonder ek net of hulle die besoekers wie met motors daar opdaag ook R50 vra vir die teerpad waarop hulle ry wanneer hulle daar wil oornag.

!
Uit die aard van die saak is ek nie tevrede nie en gaan ek met Asterix oor hierdie nonsens praat om te sien of ons nie ander plan kan maak nie...
As ons alles wat na ons kant toe gegooi word net met gelatenheid aanvaar sal ons nerens kom nie..
My verblyf daar is onder oorweging en ek hoop julle s,n ook.!!!

Re: KAN JY DIT GLO...
Posted: Wed Sep 19, 2012 8:48 pm
by Asterix
Relax Oom Polla. Jou landingsfooi is reeds betaal! Ek gee regtig nie om om 'n landingsfooi te betaal in ruil vir 'n goeie runway en sekuriteit nie! Onthou dis 'n teer strip - hy moet onderhou word!
En onthou - die feit dat hulle geld vra vir jou landing impliseer 'n seker mate van "duty of care", wat BAIE meer weeg as jou indemnity wat jy moet teken.
Een klip op die runway, of 'n bok / hond wat voor jou verby hol, of 'n ou gaatjie in die teer - en die hele ou indemnity beteken niks! (Vra my - ek het onderskeidings in Kontraktereg en Deliktereg gekry)

Die landingsfooi is eintlik aan jou kant as jy 'n glips kry!

Re: KAN JY DIT GLO...
Posted: Thu Sep 20, 2012 7:51 am
by nicow
Is dit nou Hippo Pools wat daai geld vra?

Re: KAN JY DIT GLO...
Posted: Thu Sep 20, 2012 3:37 pm
by Bugwar
Ek is saam met Oom Polla op die een. Hulle charge jou nie ekstra om hulle paaie en hekke in stand te hou nie, hoekom vir die runway? Net nog `n plek wat dienk pilots rol in die geld so kom ons roof hulle

Re: KAN JY DIT GLO...
Posted: Thu Sep 20, 2012 7:37 pm
by Blue Max
Dis waar wat Asterix se oor die 'regswaarde' van n skadeloosstelling..
MAAAARRRRR
wie sal nou daarvan hou as jy daar by die Pilotshop by Rand Air inkom om n sparkplug te koop en die verkoopsdame se vir jou jy moet R10 betaal omdat die eienaar n outomatiese deur ge-installeer het ( of n veiligheidsstelsel) en jy moet betaal want jy het nou deur die deur gestap..
Dit is presies dieselfde by Hippo pools, net erger..

Re: KAN JY DIT GLO...
Posted: Thu Sep 20, 2012 7:52 pm
by Barberton Sparkie
Oom Max,
Kom land verniet op my pvt strip, drink koffie, eet ontbyt, slaap oor, kuier om n vuurtjie, hou braaivleis, geniet n voertuig vol brandstof VERNIET. Ek raak net so gatvol vir hierdie fooitjie hier en fooitjie daar, niks meer vir die liefde van die saak. Ek is mal oor vlieg en geniet dit om saam ander vlieniers te kuier. Om so n vuurtjie, leer jy BAIE van vlieg. Julle is welkom.
Re: KAN JY DIT GLO...
Posted: Thu Sep 20, 2012 8:30 pm
by Loco
Barberton Sparkie wrote:Oom Max,
Kom land verniet op my pvt strip, drink koffie, eet ontbyt, slaap oor, kuier om n vuurtjie, hou braaivleis, geniet n voertuig vol brandstof VERNIET. Ek raak net so gatvol vir hierdie fooitjie hier en fooitjie daar, niks meer vir die liefde van die saak. Ek is mal oor vlieg en geniet dit om saam ander vlieniers te kuier. Om so n vuurtjie, leer jy BAIE van vlieg. Julle is welkom.
Give that man a bells!!!

Re: KAN JY DIT GLO...
Posted: Thu Sep 20, 2012 8:42 pm
by Asterix
Ai, mense. Ja, ek stem saam. Ek sal die ouens by Hippo Pools Woensdag laat weet hulle moet bietjie hier kom lees. Meanwhile soek ek 'n plek om te slaap, waarvoor ek klaar betaal het, met my trike geparkeer hier 20 meter voor my.
Kom ons los die fight tot na Numbi? Dalk besluit hulle voor die tyd om die aanloopbaan te sluit dan is ek geskroef. Ek glo elke ou kan op sy eiendom maak wat hy wil. Ek laaik nie landingsfooie nie - maar hei - elke keer wat ek nog op Nylstroom geland het het 'n ou met 'n boek my gestorm? En op Welkom - onthou jy Bugwar?
Ek wil dit nou nie goed praat of kwaad praat nie, maar die vader weet, in die lig van die petrol rekening gaan ek nou nie op strike gaan oor R50 nie. As ons hard genoeg moan besluit Hippo dalk sommer om die runway om te ploeg, en die twee hektaar wat hulle score aan te wend vir iets waaruit hulle geld maak. Wie het dan vir wie geskroef?
Oom Polla, jy kan maar gaan land daar by Barberton Sparkie, ek belowe dit gaan jou twee dae langer vat en jy gaan baie meer petrol brand as R 50. Mokopane - Barberton - Hazyview. As die R50 regtig so 'n groot issue is - go for it!
(Ek betaal BAIE eerder 'n fooitjie hier en 'n fooitjie daar op 'n runway, as die FOOIE hier, daar en ORAL om net "legal" te kan vlieg! Plus die koste aan brandstof om die ton boeke elke keer saam te vlieg!

)
Dis moeilik genoeg om landplekke te kry as 'n ou iewers heen wil gaan en jy kort 'n stop-over. Veral Lodges! Ek se as lodges bereid is om te cater vir pilots, en ek kan 'n bespreking doen by 'n lodge en invlieg tot BY die lodge, laat hy sy R 50 charge.
Of gaan land in die veld en slaan tent op. Of ry met jou kar soontoe - dan spaar jy darem R 50, en jy hoef nie oor die weer te worrie nie.
Regtig mense. Dink bietjie wyer.
Re: KAN JY DIT GLO...
Posted: Fri Sep 21, 2012 7:38 am
by Tumbleweed
Always contentious.
If the resort/ property owner flies actively then he will probably waiver the fees because its mostly for his own indulgence but I would prefer paying 50 bucks to have those overnight mole heaps levelled and the bricks used as goalposts removed before my planned landing. The expense to maintain will never be matched with landing fees and a private resort would much prefer to plant something if they don’t use it.
Often, municipal facilities are run by clubs who don’t own the strip and without assistance and need any means to help maintain the strip, grass and preimeter fences. It’s fine if you’re over a hundred members like Springs with a small rural membership to battle for fees and then have all the training schools from the rand do repetitive cross country and night training for which the student is paying top price is a bit unfair to the non-flying builder/ part time weekend warrior who doesn’t need lights and has to contribute to stolen fences.
If it’s advertised then it’s your choice to use it or not.
Re: KAN JY DIT GLO...
Posted: Fri Sep 21, 2012 10:09 am
by Bundy
I agree with TW and James.
If the runway
is being maintained, I dont mind contributing towards the upkeep thereof and R50 landing fee seems reasonable to me at least? R100 and upwards and I would start getting a little peeved which I think is getting a bit rough for an Ultralight?
With my aerie safely tied down or in a hanger I would prob plunge a couple R100 into the bar till anyway

What's an extra R50 towards some grass cutting or diesel for a roller etc etc etc?
No one forces you to choose THAT runway....there are lots...the choice is yours?
