Page 1 of 1

Hoes stroop

Posted: Fri Jul 29, 2011 8:50 am
by Alkemac
Die een net vir mense wat Afrikaans magtig is!
Vir die ou hoesie in die kerk

Op 'n plattelandse dorp (Schlip) waar die inwoners hoofsaaklilk
Afrikaans magtig is en gedurende 'n wintermaand toe verkoue erg in die
omloop was, was die predikant baie omgekrap dat sy aandag gedurende
eredienste onderbreek word deur gemeentelede se hoesbuie.
Hy bespreek toe die probleem om 'n oplossing te vind met sy koster wat
Engelssprekend is... seker die enigste in die dorp. Die koster gaan
Koop toe 'n groot bottel hoesstroop by die apteek.
Die volgende Sondag as iemand hoes, staan die koster op en gaan gee vir
die persoon 'n lepel hoesstroop in en sê vir hom iets in sy oor waarna
Die persoon opstaan en uit loop. So hou dit aan en die kerk is later byna
leeg.
Na die diens vra die dominee vir die koster wat hy dan vir die mense
gesê het dat hy later vir 'n byna leë kerk moes preek.
Nee sê die koster, ek het net vir hulle gesê,

"For cough".

Re: Hoes stroop

Posted: Fri Jul 29, 2011 9:18 am
by Alpha
:lol: (^^) (^^)

Re: Hoes stroop

Posted: Sat Jul 30, 2011 7:44 pm
by Jean Crous
Ou " Van" stap by n apteek in die groot stad in, en vra vir die apteker, n Engelsman, vir pyn pille. Die engelsman verstaan nie afrikaans nie en se " I beg your pardon", waarop ou " Van" kwaad se : Voetsek my bek is nie vol paddas nie :!:

Re: Hoes stroop

Posted: Mon Aug 01, 2011 9:35 am
by Tailspin
Twee meisie veldmuise sit elkeen met n pakkie kaaskrulle en praat oor hul
kêrels.
Die een meisie muis haal 'n foto van haar muis kêrel uit en wys dit vir haar
vriendin.


Dis 'n pragtige seun muis met donker strepe oor sy breë muis skouers.

"Sjoe, maar hy's nogal 'handsome' ! antwoord die vriendin.

"Maar laat ek jou wys hoe my kêrel lyk", se sy terwyl sy 'n foto uit haar muis hand sakkie haal.

"My gits dis dan 'n vlermuis!" sê die ander vriendin verbaas.

Geskok gryp sy die foto terug, kyk daarna en roep uit:

"Die vuilgoed!!!! En hy vertel my al die tyd hy's 'n “pilot” !!!!!!

Re: Hoes stroop

Posted: Mon Aug 01, 2011 12:10 pm
by Lieb Liebenberg
($$)Die beste medisyne vir verkoue is maagwerk-jy durf nie hoes nie !!! :oops: