Page 1 of 1

Alldays Airstrip

Posted: Tue Mar 01, 2011 4:03 pm
by Pieter Smith
Hallo almal, ek bring jul net op hoogte van die verwikkelinge by die Alldays Vliegveld.

Die Alldays Vliegveld is vir vanaf die vroeë 1990’s net so gelaat en is dit die laaste 4-5 jaar deur privaat vlieëniers in die omgewing begin gebruik en instand gehou. Die vliegveld was in ‘n baie verwaarloosde en amper onbruikbare toestand met geen geriewe en verbeterings nie. Daar is tans drie privaat vliegtuig store wat ongeveer ‘n jaar terug opgesit is en het die lokale vlieëniers begin praat oor die stigting van ‘n Vliegklub. Op 20 Januarie 2011 is die Alldays Vliegklub gestig met 12 stigters lede en het die Alldays vliegklub die vliegveld met ledegelde dadelik begin opknap. Die Alldays Vliegklub het tans 26 lede. Die vliegveld se sleutel en besoekers boek word gehou by Delicious Coffeeshop in Alldays en is ook so geadverteer in die nuwe 2011 uitgawe van “Airfield directory of South Africa”. Reël vooraf vir sleutel of hulp by Delicious Coffeeshop in Alldays 015 575 1148/082 786 7616 verblyf en vervoer kan ook gereel word by Delicious.
Lede en vriende het hul masjienerie en arbeid teen ‘n bilikke prys vir die vliegklub beskikbaar gestel om te ontbos, terrein skoon te maak, gras te sny, grasdoder te spuit, vliegveld nommers, merke en lyne nuut oor te verf ens. Die een vliegtuig stoor by die vliegveld is deur een van ons lede opgerig alleenlik vir die toesluit van gaste se vliegtuie wat ons area besoek gedurende weeksdae of naweke en so ‘n diens verlang.

Ons is besig met die bou van ‘n ablusieblok met twee mans en twee dames toilette wat eersdaags klaar sal wees en gratis beskikbaar sal wees vir almal wat die vliegveld besoek.
Kyk onder dit FLYING EVENTS Topic vir meer inligting oor Alldays Vliegklub se eerste "Fly-inn" naweek en fees 16-19 Junie of volg ons Event blad op Facebook: http://www.facebook.com/event.php?eid=177006272326695

Re: Alldays Airstrip

Posted: Tue Mar 01, 2011 4:38 pm
by nicow
Dis baie mooi-sal jul nog kom besoek.

Re: Alldays Airstrip

Posted: Tue Mar 01, 2011 6:03 pm
by Bundy
can you post the co ord's? Looks very lekker there! Have yet to invest in the new airfields directory ha ha ##

Re: Alldays Airstrip

Posted: Wed Mar 02, 2011 9:20 am
by andrew416
Ek is op waterpoort baie naby julle sal een van die dae soontoe vlieg met my microlight en julle besoek.Ek het nie n gps nie maar weet waar alldays is.Waar le die vliegveld presies?sal ek hom van alldays af kan sien?