Page 1 of 1

POKKET die SAP is nou kwaai op die gedrukte - MEDIA :-)

Posted: Fri Nov 12, 2010 3:50 pm
by Slider
As jy na die volgende berig kyk en veraal na die 2de laaste lyn van die berig, kan julle sien hoe kan die media goed op voeter :lol: :lol: :lol: :lol: :lol:



Man doodgeskiet ná bom by kitsbank
2010-11-12 14:54




Verwante skakels
OTM-rowers skiet polisiebeampte
KFC-klante laat spat toe OTM knal
Slaghuis-werkers aangehou, OTM opgeblaas

Johannesburg – Een man is doodgeskiet en ‘n ander een is in hegtenis geneem nadat daar ‘n bom by ‘n OTM ontplof het, het die Gautengse polisie gesê.

Volgens kapt. Katlego Mogale het die voorval Donderdagaand in Akasia gebeur.

Daar word beweer dat vier verdagtes wat met gewere gewapen was, die OTM aangeval het.

Volgens Mogale het lede van die publiek ‘n polisievoertuig in die area gestop en die voorval aangemeld.

Die mans het reeds van die toneel gevlug maar die polisie het voortgegaan met die soektog en later die groep raakgesien terwyl hulle in ‘n Audi Q7 rondgery het.

Volgens Mogale het die verdagtes op die polisie begin skiet.

Geen van die polisiebeamptes is beseer nie.

Een verdagte is doodgeskiet toe die polisie terugskiet.

Die mans is toe in ‘n ongeluk betrokke toe die bestuurder beheer oor die motor verloor het. Die motor het daarna op sy dak beland.

Twee mans het daarna op die vlug geslaan.

Twee R5-gewere, vier tydskrifte en ‘n selfoon is deur die polisie gekonfiskeer.

Een man is in hegtenis geneem en sal binnekort in die Soshanguve-landdroshof verskyn.

Re: POKKET die SAP is nou kwaai op die gedrukte - MEDIA :-)

Posted: Mon Nov 15, 2010 8:16 am
by nicow
Hulle kry seker skaam om self die Hustler te koop...

Re: POKKET die SAP is nou kwaai op die gedrukte - MEDIA :-)

Posted: Mon Nov 15, 2010 11:17 am
by Stephan van Tonder
hehe - ek dink daai was nou 'n ou vertaling oopsie.
Seker gewees '4 magazines' in engels - daai ding wat die patrone hou vir automatiese wapens wat iemand loop vertaal het 'tydskrif' in plaas van 'magasyn'

Re: POKKET die SAP is nou kwaai op die gedrukte - MEDIA :-)

Posted: Tue Nov 16, 2010 8:17 pm
by Blue Max
(**)
Moenie my uitlok om my opinie oor die onnosele lot te gee nie.!!!
Dit kan my in die tyronk laat beland.!!!
:( :(