BEESMIS EN DORINGBOME
Posted: Sun Jan 24, 2010 1:28 pm
Beesmis en doringbome
Kom jy dalk eendag in hierdie geweste om te kuier, of om iets te koop, maak n draai hier by my, jy's welkom!! Sit..., ontspan..., stoot jou moee voete onner die kombuistafel in lat ek jou die storie vertel van "beesmis en doringbome", wyle die ketel kook. Netnou drink ons n lekker soet koppie tee, tesame met, - wie weet - , van Bets se lekker outydse soetkoekies, jy weet mos, daai soort wat mens sommer so met n vuisvol uit n sinkblik uithaal, in die beker druk, en dan agterna die natigheid van jou vingers afslurp!!....moenie worry nie, die jammerlappie le hier by ons, en, buitendien, wie gee nou eintlik n halwe vrot vy om... later, kan jy maar weer die pad vat.......
Sou jy saam met my hier na die weste van Krugersdorp ry, uit, verby Tarlton, en eindelik deur Magaliesburg, - hou links by die vurk annerkant die spoorlyn (pasop vir die spietkops in die dippie van die hoofstraat) - en net effe kort van drie kilometer sal jy n klipperige grondpad op regterkant sien. Hoooo nou, stadig, dis hier waar jy moet indraai!! Ry so n ent aan en die eerste grondpad van links af...daar moet jy in, sien. Vier honderd meter verder deur n klipperige driffie moet jy briek, want die ingang na "EL PASO" is skielik op mens, en kan jy dalk n lelike ongeluk maak as jy nie kyk waar jy ry nie!!
Otto Hurlimann woon hier. By El PASO. Dis die naam van sy plaas. Pragtig gelee staan die huis bo-op n heuweltjie tussen lowergroen bome in die matige Magaliesbergeklimaat. n Geplaveide pad lei jou die skuinste uit na sy woning Na die ooste is die grootste afdraande van die heuwel, en sou mens van die plaveisel links afdraai en die gras tweespoorpadjie volg, kom jy by hangars uit . Staan jy voor die hangers en kyk oos, le die hoofaanloopbaan van links na regs (noord na suid) n verdere 30 meter ver na onder toe. Noordoos staan n laning bloekombome al met die grensdraad op, - tot in die verste hoek groei hulle - om die grensdraad se hoek weer in n suidelike rigting terug na die heuwletjie toe. Soos n groot letter 'A', met die lang bene die bome, en die kort beentjie die aanloopbaan. n Kort grasbaan strek vanaf die verste hoek van die bopunt van die 'A' reguit na die hoofaanlopbaan toe - plus minus twee honderd meter lank.
"Slegs vir noodgeval.," het Otto nog gese, die dag wat ek en Louis gaan kyk het hoe die plek lyk om te sien uit watter rigting ons moet inkom met ons 'FLEDGES'om die heuwel en opstalle te vermy.
Tussen die hoofbaan en die hangers is n vier ry dorindraad gespan - die hele lengte van die baan saam. Dit skei die hoofbaan van die hangers en dien ook as n verspering om te keer dat beeste, skape, kinders en dies meer, vir watter rede ookal, sommer op die baan gaan dwaal. Toegang na die aanloopbaan vanaf die hangers word dus verkry deur n hek oop te maak, jou 'mikro' deur die draad te stoot tot langsaan die aanloopbaan, en die hek moet dan weer, vanselfsprekend, toegemaak word.! Die hoofbaan is lank,- seker maklik vyf honderd meter- en is bedoel vir negentig persent van al die opstyg en landings wat daar gedoen word. Die kort baantjie is, - nou ja,- kort, en BAIE ongelyk. Slegs graspolle, wat met n bossiekapper kort gesny is, as enigsins enige aanduiding dat daar wel n aanloopbaan is! Sou jy n noodlanding moet uitoefen op hierdie kort baantjie, sal mens jou briek moet ken, sodat jy nie die hoofaanloopbaan oor skiet nie, want dan hang jou broekspype sowaar aan daai vieslike doringdraad, en sal daar stukke van die mikroligte vliegtuig - waffer een jy ookal vlieg - sweer seerlik styf om jou nek gedraai wees!!
Sou jy dan miskien die draad sien, en n poging aanwend om bo-oor te vlieg, staar n aansienlike opdraande, - die van die heuwel, - jou in die oe!
Miskien help jou enjin jou bo-oor die draad en sukkel jy en jou 'mikro' die bult uit, dan MOET jy nog steeds bont staan vir die groot 'boulders' wat die plek vol versprei le! (Mens kan jou bleddie nek breek hierso!!) Dis opregte Magaliesburg graniet - jy weet mos - daai soort wat die mense so graag op grafte staanmaak!
O.K.! alles loop voor die wind - jy't die draad gemis met n polonieskil dikte - jou 'mikro' het die klippe ge-'dodge'; soos n vlakhaas voor n haelgeweer - net een probleem nog: - n moewiese groot doringboom staan reg bo-op die bult, met sulke laaaang wit dorings - reg om in die sagte wit vliesies van n - (op hierdie stadium stywe, toegeknypte) - paar bleekwit boude in te grawe!! As jy dit verby die boom maak le die beesstalle voor, silwer blink sinkplaatdak wat gatte uit jou gaan ruk indien jy daar sou 'kresh'!
Maar laat ek eerder voor begin......
Jonnie en ek het die Saterdagmiddag n paar uithaler vlugte op Tarlton gehad. Ons moes net keer of dit gaan beter! Toe die son sy kop wegsteek agter die horison staan ons twee die Fledges en vasmaak aan die omheining van die renbaan. Die doel was om vroeg die volgende oggend weer n paar draaie te vlieg voordat ons die spulletjie afbreek en huistoe sleep. Ek was besig om my tenks vol te maak toe ek merk dat n wit bakkie vanaf die teerpad af in die grondpad indraai en hier na ons kant toe ry. Ek sit die tenks neer.
"Hier's n besoeker. Seker ook nuuskierig wat ons hier aanvang" Ons was al gewoond aan vreemdelinge se vrae, aangesien daar bitter min micro's in die land op daai stadium was.
Die bakkie hou stil en n man klim uit.
" Goeie middag... Hurlimann... Otto Hurlimann voer ek die naam," kom hy nader gestap, regterhand uitgesteek om blad te skud.
" Goeie middag meneer Hurlimann... Piet de Necker, aangenaam... en dit is Johan Fouche," voeg ek by.
"Bly te kenne kerels!"
Met die handdruk kry ek n gevoelte van ope vriendelikheid. Glimlagploeie omring onnutsige blou oe. Die spiere bult onder n kortmou kakie hemp netjies ingesteek in n ligbruin kortboek. Langbeen kouse en velskoene skets onmiddelik n karakter van n suksesvolle boer en besigheidsman.
"Kerels, ek kom nou van die stad af," voer hy aan, " Het sopas bietjie vooraad aangekoop vir die plaas." Hy loer sydelings na die twee FLEDGES.
" Ek het self een van die gedoentes. n ' Eagle' heet myne,... die is mos n Fledge," beduie hy met n dik wysvinger na die vlerk, "as ek dit reg het... hmmmm, nog net gehoor van hulle, nog nie gesien nie". Hy draai om en bekyk die spulletjie met n kenners oog.
"Ja, " beaam ek, "vlieg ook nie te sleg nie..." Veel om te se oor die Fledge het ek nie juis gehad nie.
"Nou maar luister dan," gaan hy voort," ...komende Saterdag het ek n 'fly-in' daar op my plaas gereel. Ons is sowat agt manne wat vir die dag Rustenburg toe wil vlieg. Wil julle twee ouens nie by ons aansluit nie? As julle al die vorige dag wil kom opslaan is julle welkom, daar sal ontbyt en koffie wees. Bring net julle eie olie en petrol saam vir n drie ure vlug. Wat se julle?"
Johan en ek kyk vir mekaar en knik gelykertyd koppe. Tweekeer hoef ons nie genooi te word nie, en, buitendien, gee dit my n goeie verskoning om vir Bets te se dat ek die ure meer nodig het. Meer in iedere geval as wat die grasperk n sny nodig het! Ek het al immers n paar 'circuits' onder die blad, n bietjie 'cross-country' sal spoggerig in die logboek lyk!
"Baie dankie meneer..."
"My vriende noem my Otto.."
" Baie dankie ...eh, eh, ..Otto, dit is gaaf van jou. Ons sal daar wees"
"Goed, dan is dit gereel" Na n klomp beduiery hoe om presies by sy plaas en aanloopbaan uit te kom is Otto toe daar vort.
Die week het maar staaaadig verby gegaan.
Meeste plase, soos ek dit sien, het altyd n bees of dertig en moet die krale gereeld skoongemaak word, met n graaf en kruiwa, en, as dit n kraal met n sement vloer is moet die spulletjie geskrop word met n growwe grasbesem en n mengsel van water en 'Jeyes fluid'.
" ...anners lok dit die brommers," het my oupa vertel, "en allerhande oljetters en verpestings broei daar uit. Om nie eers te praat van die klankie wat huiswaarts waai as die windjie suidoos le nie. Sit mens skoon van jou kos af... veral as jou ouma die geel pampoen drie duim diep in die bord skep." Oupa was nooit lief vir geel pampoen nie. Herinner hom te veel aan die swaarkry dae in die boereoorlog toe al wat n mens op kommando aan die lewe gehou het, geelpampoen was wat hulle op die afgbrande gesaaides kon optel.
Otto het sy beeskraal skoon gehou,... BAIE skoon. Pynlike netjiese man, die Otto.
"Gooi die mis wat jy hier bymekaargemaak het daar agter daai doringboom, Swart Piet!"
Hy wys in die rigting van n reuse doringboom met lang wit dorings soos hare op n hond se rug. Die einste doringboom wat reg tussen die aanloopbaan en die kraal staan!
"Olraait, oubaas..."
"Onthou om die vloer af te spuit, die miesies het al gekla sy wil nie die kraal ruik nie.."
"Olraait, oubaas"
Op die manier het die mishoop aansienlik gegroei deur die jaar. Ja-nee, mens kon sien aan die lowergroen blare, die dik stam en die uitermatige groot, spierwit dorings dat die spesifieke doringboom omtrent uit sy nate wou bars van al die heerlike voedingstof wat so gereeld hier om sy wortels gedeponeer word!.......
oooOOOooo
Vroeg oggend op die Saterdag van die 'fly-in', staan die manne, nege in totaal, op die grasperk voor Otto se voorhuis die vlug en bespreek. Dis n ver ent na Rustenburg, 60myl in die ou taal, veral as jy dit teen n gemiddelde spoed van 30 mph wil doen en, bygese, as weersomstandighede byna perfek is. Stomende bekers koffie en boerbeskuit word verorber. Dis koud. Die wind waai. Triesterige wolkies skuifel voor die son verby.
"Die weer lyk maar sleg." brom Hennie onner sy dik leerbaadjie uit. Die windjie skarrel om die hoek van die huis pluk-pluk aan jou oorpak en laat sommige manne die nek dieper in die skouers intrek.
"... en nog heeltemaal kruis oor die hoofbaan ook," kom dit van Fanie, sy hande tot bysy elmboe diep in die broeksak gedruk, "...maar laat geen donner ooit se ek is n meid nie... ".
Die vliegtuigies staan gedwee vasgemaak aan die doringdraad langs die aanloopbaan geduldig en wag, wiegend in die koue briesie. Die windkous pluk links, val , pluk regs.
Met n kuggie om keel skoon te maak roep Otto die manne nader.
" Goeie more kerels.... en welkom hier by ons,... ek verneem meeste van julle het al onbyt en koffie gehad... die van julle wat laat gekom het, of lus is vir nog n draai in die kombuis ,maak gerus so, daar is nog heelwat spek en roereiers en die koffieketel is nog warm... n man kan nie op n lee maag die vlug aan durf nie.... Maar vir eers luister... Drie dinge, kerels. Elkeen moet sorg dat hy genoeg brandstof het om by Rustenburg uit te kom, onthou die Magaliesberge is hoog en as jy nie kan bo-oor nie dan is die roete padlangs omtrent 10 myl langer"
"Tweedens, soos julle seker kan sien lyk die weer nie te wonnerlik nie. Ek't vanoggend die buro geskakel en hulle se daar is sopas n koue front verby... miskien sal omstandighede verbeter maar, dit kan ook versleg. Fanie en Hennie is die manne met die meeste ondervinding. Hulle het 'gevolunteer' om n draai te gaan maak daar bo en dan terug te kom en rapporteer hoe die toestande hoer op voel."
Ek voel my maag draai van opwinding!
" Derdens, en die mees belangrike punt, let op dat die wind van wes na oos waai. Dit beteken dat dit dwars oor die hoofbaan waai. n Kruiswind met ander woorde. Ek stel dus voor dat julle die kort baan gebruik. Taxi tot in die verste hoek van die plaas en gee dadelik vet, onthou julle moet bo-oor die doringdraad die klipperige bult uit en moet julle genoeg hoogte he om die doringboom met die beeskraal daar agter, te kan oorsteek. Eers as jy bo die beeskraal is kan jy terug throttle. Ons sirkel linksom totdat almal in die lug is en volg dan vir Hennie en Fanie... hulle het al die roete gevlieg. Louis sal agterna kom om n ogie oor almal te hou. Laastens... Pasop vir die rotor hier teen die bult uit, hy skuil daar en sal jou wragtag in die klippe in druk alvorens jy weet waar jy is.
Die van julle wat vir n kruiswind opstyg kans sien, maak maar so......
Fanie en Hennie het toe n draai gaan vlieg.
"Die windjie is redelik, .... bietjie stamperig, maar niks om voor te skrik nie." se Hennie, "ek het die kort baan gebruik en die rotor is net daar waar Otto gese het... elkeen moet maar vir homself besluit watter baan hy gaan gebruik. Sorg net dat jy in die lug is voordat jy die draad bereik"
So gese, so gedaan.
Louis, Jonnie en ek het besluit om die kort baan teen die wind (asook die bult uit) te gebruik. Die res van die manne het die kruiswind aangedurf . Dit was nogal n petalje om te aan skou hoe die vliegtuigies soos krappe skuins op een wiel aanskarrel wyle die loods paproer met die stuurstang vir n vaale! By die boonste hoek van die kort baan het ons drie omgedraai. Louis agter, Jonnie in die middel en ek heel voor. Ek sit in die seilsak en bekyk die beplande opstyg roete. Direk voor my is kort graspolle maar n honderd meter verder staan die gras elmboog hoog. Tien tree verder le die hoofbaan van links na regs. Ja-nee hier moet ek al 10 meter hoog wees. Direk anderkant die baan is die doringdraad. Daar moet ek ten minste dertig meter hoog wees want, na die draad, styg die grond teen n helling van 30 grade, en is die terrein besaai met Magaliesberg granietklip van onder na bo - tot teen die doringboom - wat bo-op die toppunt van die heuwel die hoogste plek aandui.
Die doringboom met die lowergroen blare...
Die doringboom met die dik skurwe stam.... en die liederlikste, gesondste, ongeskikste lang wit dorings!!.
Die einste doringboom waaragter die reuse hoop beesmis le!
Uitswaai plek is daar nie!
Agter die doringboom, en sowat dertig meter verder, le die beeskraal, alhoewel ek dit nie van hier af kan sien nie.
Die windjie pluk aan die seil, ek kyk om en sien Louis beduie ek moet padgee.
Ek tel my voete van die grond af op en stoot tersefdertyd die vet oop. Ek sit heel voor in die seilsak, oorgebuk met my neus op my kniee om sodoende die neuswiel so lank moontlik op die grond te hou. My oe is vasgenael op die bult anderkant die draad. Die Fledge draf met bokspronge oor die kort polletjies.
Die aanloopbaan begin vinnig te krimp! Voor le die lang gras!
Met geweld gooi ek my volle gewig agtertoe om die neuswiel die lug in te kry. Die Fledge ruik vryheid en tel my op.... maar net hoog genoeg om bo-oor die lang gras te vlieg. Vaagweg hoor ek die 22perdekrag Sachs skree voluit teen 7000rpm!
Die hoofaanloopbaan glip onder my boude deur. Ek is skaars n meter-en-n-half hoog!
"Jy sal BAIE beter as dit moet doen," flits deur my gedagtes, "... daar le die doringdraad voor en jy moet die bleekwit bas van jou nog bo-oor kry!!"
Die sachs sukkel. Ek le agteroor dat dit vrek en probeer om die laaste gryntjie klimkrag uit die Fledge te soebat. Dit help niks. Die Fledge klim soos n ou tante uit n taxi uit!!
"OOOOHHHHoo...MOEEERRRR!!!...," skrou ek, toe die doringdraad skaars n halwe meter laer af onder die wiele deur flits. My knypers gryp die seilsak in n 'HALF-NELSON' greep vas!
Onmiddelik voor my le die graniet besaaide heuwel!
Skielik besef ek, ek is in die middel van die Rotor se greep!!
Skielik los die rotor en klim die Fledge n hond uit n bos uit. Ek kan los bo-oor die doringboom bo-op die heuwel sien, die graniet blokke magteloos onder my. Uitbundige vreugde vloei deur my hart!!
Die vreugde was van korte duur!!
Die windjie ruk en draai. Die rotor gryp die Fledge harder as vantevore!!
Ek sien ek gaan in die beeskraal verongluk!
"NEE- nee...," korregeer my brein in n helder kliniese stem, "Jy gaan nie eers die doringboom haal nie, ou maat."
Die doringboom le voor. Ek kyk hom vierkantig in die gesig!
My arms is lam. Ek kan presies sien waar ek gaan neerdonner!!
"Kyk net die moerse klippe hier voor die boom...,"se my brein
"Vandag het ek jou...," se die duiwel!!
Die rotor druk die fledge af!!
Snaaks hoe suiwer en helder n mens se brein kan dink wanneer jy besef jy's in helse moeilikheid. Dis so al asof jou gees daar ver buitekant die hele situasie met gevoude armpies in n 'two-piece suit' staan en kommentaar lewer! Net soos n omroeper by n lui sondagmiddag krieketwedstryd.
Ek sien duidelik die klip wat ek my finaal des moers toe teen gaan smeer.
.Skielik reageer my hande sonder enige opdrag van my brein en ruk die 'quick-release buckle' van die sitplek gordel los. In n dromerige toestand reik hulle uit en gryp die twee stutpalle van die vlerk stewig vas, en hys my onderlyf heeltemaal uit die sak uit.
"GGGGWWWWWHHHHAAAAArrrrrrrr!!!!.......
"Daar trek die neuswiel ou pellie", se my brein.
Nog is dit het einde niet!! Die Fledge spat op, boontoe!
Ek klou vir wat dit werd is!
"Volgende op die lys is die doringboom." , se my brein.
"WWWHHHOOOooshh....kkkrrrrraaaaakkkk!!!.....", Tref die regtervlerk die doringboom in sy middel! Ek voel ek word woes na links geslinger! Vir n oomblik sien ek hoe sing Louis 'Rock-of-ages' langs die oop graf, wyle die kis, met die bietjie mince wat hulle kon bymekaar maak, die gat in wegsak.
Die laaste geluid wat ek hoor klink amper so...:"SSSHHHHppplooooorrrrppppppp!!!!!
Stilte.
Doodse stilte
" Sooo... dis nou hoe dit voel om oorlede te wees .... nie sleg nie, gladnie sleg nie"
"Agge Heeretjie, tog!.... hy moet dood wees," hoor ek n vroumens se stem, bewerig, soos n outydse traporrel.
" Ja, foeitog, " beaam n manstem, " ek hoop nie die arme mens het gely nie...Siestog, ruik net hoe stink hy al!! Hulle se mos n dooie bedinges homself as hy skielik oorlee...."
"HENDRIK!!...A-nee-a man, .. Mens praat nie so nie, veral nie met die lyk nog nie eers koud nie!!"
" Maar..."
" Niks se ge-'maar' nie, Basta!
Stemme. Ek hoor stemme!
"Vadertjie tog!..."
Nog stemme, bietjie nader die keer! My magtig, ek kan hoor!!
"Ons beter die vlerk optel en die lyk uithaal...", hoor ek Louis se.
Hoe de duiwel het Louis in die hemel gekom?, verwonder ek myself.
Iets druk my laat dit bars, my bene voel lam, ek sien net geel, geel, ...geel seil?
"So ,dis waar wat dominie gese het,... dat mens geel vlerke kry,' dink ek, "snaaks, lyk vir my nes 'dacron' .Ek sou dink dit moes ten minste donsvere gewees het...". My oe volg die naat van die vlerk af na onder en bekyk die gebuigde onderstel met nuwe belangstelling. My bene word deur die onderstel vasgeknyp, merk ek op. My kniee eindig kort in n bruin gemors. 'Seker waar die bene af is... die bruin goed is seker maar bloed en grond,' bespiegel ek, "moes daai groot klippe gewees het... my enkels en voete is seker daar afgeruk! Snaaks dat ek nie pyn voel nie... maar, nou-ja, hulle se mens voel nie iets wanner jy dodelik gekwes is nie..."
Iets stink liederlik. Ek snuif en ruik maar kom nie heeltemaal agter wat dit is nie. Ek lig my hande en bekyk my vingers. Daar klou iets soos bruin poeding vas en aan my arms ook! Om die waarheid te se my hele bors, nek, gesig en onderlyf is vol van die bruin konfyt!
Iemand vroetel aan my nek.
Ek kan mos nie dood wees nie! Ek sien dan... en voel dan ... en hoor dan... en,en,... RUIK DAN!!
"STRONT!!... DIS STRONT!!... EK IS VOL STRONT!!... Kry my hierUIT!!!". Ek kyk om my heen. Net waar jy kyk, EN ruik is mis... BEESMIS!! ... gespat, gevee, gesmeer, omgeploegde, oopgestampte, ver verspreid en vars, BAIE vars!! Dis beesmis in my hare en beesmis in my oe, my bene le tot by die kniee in beesmis!!
Ek voel hoe die vlerk van my rug af opgetel word. Ek skep lug, asem diep in, blaas uit en toe tref die volle waarheid my!! Ek sit vasgekeer onder die Fledge , halflyf diep in die grootste hoop beesmis diekant van die ewenaar!!
"SIES, GAAAA, HELP my uit!!," skrou ek!
Gewillige hande reik uit en tel my eensklaps op lat ek op altwee bene staan.
"IS JY O.K.?" skud Louis my en besef eensklaps wat hy aan gevat het is......Haastig vee hy sy hande aan sy broek af en met so n viesterige uitdrukking op sy gesig steier hy n hele paar tree terug.
"Jaaa..", antwoord ek, en voel-voel so aan elke lidmaat om te voel of alles nog daar is. Die beesmis hang drillerig aan my bene!
Almal bekyk my van n ent af en dit smaak my hulle gee elke keer twee tree terug vir elke een wat ek vorentoe gee!
"Magtag, maar die man STINK!!". se iemand
"...soos n drie dae dooie hond!", volg verder kommentaar. Jonnie staan blekerig nader en met styftoegeknypte neusgate vra of ek seergekry het.?
"Nie so ver ek kan agterkom nie", se ek. Daar is wel n paar liederlike knypmerke aan my bobeen waar die inmekaargevoude voorstel van die Fledge hulle vasgekeer het in die hoop beesmis.
Ek voel nog so effe wankelrig toe Otto se vrou my n beker suikerwater in die hand stop. Ek bekyk die gemors om my heen. Die Fledge le plat op sy pens, sy neus tot by n derde van die vlerk weggebere in die mis. Die gras, klippe en boom is bespat van die mis.
By die tyd het n paar van die manne hul moed bymekaar geskraap en met sakdoek bedekte gesigte gehelp om die Fledge uit te sleep. As daar nou al mooitjies gevat was, was dit hierdie dag gewees. Met vingerpunte hier effe gevoel en daar baie versigtig gevat het hulle die besmeerde Fledge daar af gedra gly-gly oor die klippe en naderhand bo-oor die doringdraad getel en weer versigtig neergesit langs die aanloopbaan. Party het met die draery kort-kort gelos, en rigting gekies na die naaste bos, dorings en al, om daar sulke nare geluide na vore te bring!
Ek beloer die skade met groot nuuskierigheid.
Die neuswiel is heeltemaal morsaf gebreek, net twee stompafgebreekte pype het oorgebly. Op die klippe is twee diep groewe ingebeitel waar daardie einste pype gebreek het. Dis natuurlik waar ek die eerste keer met moeder aarde kennis gemaak het!! Die bokspring na regs wat my amper na links uitgeslinger het, is veroorsaak deur die skramskoot van die neuswiel wat teen die klippe afgebreek het! Die seilsak waarin my bas vroeer gesit het, is aan vlarde geskeur toe die pens van die Fledge oor die klippe gesleep het in sy tog na die doringboom toe.
Op dees aarde!! Gelukkig dat ek aan die pype gehang het! Mens kan net raai watter dele van jou bas jy daar sou verloor het indien hy nog binne in die seilsak was met die skuurslag!!
Die skade was toe redelik min. Die manne draai nuuskierig, alhoewel op n redelike afstand, om die Fledge. Party beduie daar in die rigting waarvandaan ek gekom het, ander loop weer wye draaie om die doringboom en bekyk die ietwat effens platter hoop beesmis terwyl een of twee die diepgegroefde merke op die klippe staan en bekyk. Arms swaai, koppe word geskud en daar word vertel en weer oorvertel.
"... Dem gelukkig, die vent... is maar sy tweede vlug,... kyk net hoe lyk die klip,... en al wat ek toe hoor is die 'corpse' wat om hulp skreeu,... stink?, ja-nee, hy stink!! soos n muishond, jaaa,... en hy klim wragtag uit daardie hoop mis uit sonder eers n ou skrapie, nie eers n blou kolletjie nie....!
Louis en Jonnie het my gehelp om die Fledge op te vou en bo-op my bakkie vas te maak. Afgesien van die boeglam skrik het ek verder niks makeer nie. Heeltemaal perdfris en stinkend gesond. Na regte moes ek 'oorlee Piet' gewees het. Net die HULP VAN BOWE ou maat, net dit alleen....
Dit was April 1983.
Alles is steeds net soos dit was. Die boom staan nog... het egter n nuwe hoop beesmis onder die takke. Die merke op die klippe is ook nog daar. As jy ooit in daai geweste kom, ou swaar, vrae vir Otto, miskien sal hy jou gaan wys.....
PIET DE NECKER