Die "Nugter" Pilot

Matters of general interest
User avatar
Piet Bez
Ready for the first flight
Posts: 48
Joined: Wed Nov 04, 2009 1:59 pm
Location: Microland

Die "Nugter" Pilot

Postby Piet Bez » Mon Jul 22, 2013 10:26 am

'n Ware storie uit die Bosoorlog

DIE NUGTER PILOT
Deur
Mossie Basson

Dit klink nouna ‘n stupid opskrif, want pilots is mos altyd nugter, ten minste wanneer hulle self vliegtuie vlieg. STAND BY FOR MANOEUVRING!
Dit is in die vroeë 1970’s en ek is as ‘n kaptein, die MLOS Bevelvoerder op Katima Mulilo. My afgedeelde lugkrag is 2 "Allo troopers" en ‘n Cessna -185. Die pilots is Lt Cronje en Lt Hans Kolwer op die choppers en Lt Gert Muller op die Cessna. Hier is dit belangrik om te noem dat Gert nie sommer jou gewone Muller was nie. Dit is so ‘n snaakse duitse Muller met daai kolletjies bo-op die u. Daar moes dus iewers in sy verlede duitse bloed gewees het.
My job is om die Polisie en die Army te ondersteun met "trooping".
Die storie begin met die Polisie Bevelvoerder, Kapt Pretorius, wat by my ‘n lugversoek indien. Hy wil na Spray View in Rhodesia gevlieg word om ons polisie wat daar ontplooi is se bostoelae te gaan betaal en ander admin uit te sort.
Die groot vraag is nou: Wie gaan saam vlieg en die dag in Rhodesia deurbring. Natuurlik moes ek saamgaan om die verhouding met die polisie op die regte rang-vlak te hou, die 2 chopper pilots het vuurhoutjies getrek en so vertrek ek, die Polisie Kaptein, Gert Muller (met die kolletjies op die u) en Hans Kolwer vanaf Mpacha oppad na Spray View met ‘n klomp eie bostoelaag in ons sakke om Spray View te gaan rooiverf.
Na landing reël Kapt Pretorius vir ons ‘n polisie Ford F-250 bakkie en laat ons los op die bevolking van Spray View.
Heel eerste natuurlik is ons na die Spray View hotel om ons senuwees te kalmeer na die "stamperige vlug" in die Cessna. Daar aangekom sien ons dat die plek ‘n Casino het, ek is die enigste een wat effens ondervinding van dobbel het (weens my gereelde besoek aan Mbabane oppad om te gaan vis skiet in Mosambiek). So….., ek hou gou ‘n briefing en verduidelik die reëls. Die belangrikste reëls is:
1. “Jy gaan in elk geval jou geld waarmee jy begin dobbel, verloor, anders sou Sol Kerzner arm gewees het en ons ryk en nie anders om nie.

2. Die enigste manier om jou verliese in die casino te beperk is om dadelik bier te koop met jou winste. Jy kan nie met die bier dobbel nie so al verloor jy jou geld, het jy ten minste nog bier oor.”

Soos die geluk dit wou hê eindig ons so teen 1 uur die middag op (soos voorspel, sonder dobbel geld) maar met 15 biere tussen die drie van ons nog oor. Ek begin so effens bekommerd raak oor die terug vlieëery, maar voel dat dinge nog onder beheer is.
Ons sak daar by ‘n restaurant (langs die casino) in met elkeen 5 biere tussen ons vingers en bestel van daai groot Hereford steaks met die nodige bykosse.
Vir die van julle wat nie weet nie, dit is totaal onwettig om ‘n Hereford steak te eet sonder wyn. Om dus aan die regte kant van die gereg te bly, besluit ons om 'n goeie bottel Kaapse Rooiwyn te bestel terwyl ons aanhou teug aan ons bier kolleksie. Toe gaan daar iets drasties met die kombuis se sinkronisasie verkeerd en ons kry die wyn voor die steak. Toe Hans Kolwer die eerste sip van sy wyn vat toe kyk hy vir my en hy sê : "toe ek hom proe, toe proe ek dis te min". As dit oor drank aangeleenthede gaan, stry jy NOOIT met 'n Chopper pilot nie en ek wink dadelik vir die waiter om nog 'n bottel wyn te bring.
Op hierdie stadium raak ek skielik baie bekommerd oor Gert Muller (met die kolletjie op die u) se vermoeë om later die middag terug te vlieg Mpacha toe en hy sien my bekommernis raak. Net toe skop die briljante Duitse geniealiteit in Gert se bloedlyn in. Hy kyk my vas in die oë en sê: "Kaptein, is jy 'n pilot?" "Ja" sê ek. Nou kyk hy stip na Hans Kolwer en vra "Hans, is jy 'n pilot?" "Ja" sê Hans. Hy kyk reg voor hom in sy glas wyn en sê: "Ek is ook 'n pilot. So, as ons elkeen een derde nugter is, dan is daar mos een nugter pilot aan boord, so waarvoor worry ons?"
Hierdie redenasie en wiskundige briljansie maak onmiddelik vir ons al drie 100% sin, en ons gaan onverskrokke aan die suip. So teen 16h00 vertrek ons al singende terug na die Spray View vliegveld met die polisie bakkie. Kapt Pretorius staan en wag vir ons by die vliegtuig en kom dadelik agter dat dinge met ons drie nie te pluis is nie en teken heftig beswaar aan dat ons nie in ons toestand kan terug vlieg nie. Met groot detail en die wiskunde betrokke verduidelik ek aan hom dat daar ten minste een nugter pilot op die vliegtuig gaan wees. Hy sluk dit swaar maar klim tog agter in die vliegtuig. Gert "start" en daar trek ons…… Ek sit voor by Gert en Hans sit agter by die Kaptein. Nou moet ek by sê dat Hans 'n PPL het en meer weer van Cessna's as ek.
Hans tik my op die skouer en wys ek moet my oorfone afhaal. Hy fluister toe dathy Gert se aandag gaan aftrek, en ek moet die "mags" afsit. In my toestand klink dit na 'n uitstekene idee. Hans skreeu oor die interkom vir Gert "kyk daardie trop Letswe's links onder!" Gert draai sy kop, en ek skakel die "mags" oor na die "OFF" posisie. Die enjin vrek onmiddelik, soos voorgeskryf in die boek. Gert skrik hom van 'n derde nugter na halfpad nugter en hy ruk 'n check-lys uit en blaai verwoed tot waar die opskrif sê "ENGINE CUT". Toe hy by die lyntjie kom wat sê "CHECK MAGS" sien hy dadelik wat fout is en skakel die "mags" op "BOTH" sonder om die gas-arm wat nog heeltyd oop was eers toe te maak. Die engine "back-fire"met 'n vlam wat hier by die polisie Kaptein verby kom met 'n knal wat ten miste 'n paar Letswe ooie met miskrame of prem-kraam gevalle gelaat het.
Die polisie kaptein se oë lyk soos pierings en hy prewel oor-en-oor "Nee Fok Boys".
Ons het weer die "magneto trick" probeer maar Gert het dit dadelik opgetel (seker nou bietjie meer as die helfte nugter na sy skrik).
Hans tik my weer op die skouer en wys dat ek die oorfone moet afhaal. Sy volgende plan…. Hy sal die "fuel"-kraan toedraai wat die enjin nog vir 'n tydjie sal laat loop met die brandstop in die pype want hy weet hoe lank die engine sal loop voor dit vrek en hy sal my dan 'n teken gee sekondes voor die enjin sny dan met ek die "mags" weer afsit.
Die volgende gebeur nou:
Ek sien hoe Hans die brandstof kraan toedraai. Ek wag vir Hans se teken en skakel die "mags" af.
Gert, nou gewoond aan ons streke skakel die mags weer aan, maar OOOO WEEEEE, fokkol, die enjin bly vrek. Gert mompel iets wat klink soos "shit boys, this is for real!". Snaaks hy het nie duits gepraat nie.
Nou begin hy uitkyk vir 'n noodlanding area in die vlak water van die Chobe moeras.
Die polisie Kaptein mompel iets van "dit het julle nou van julle kak" en groot oog trek hy sy straps stywer vas.
Ons begin stadig af sirkel vanaf 3000vt vir die "strip" in die moeras wat Gert ge-ID het.
Gert is nou heeltemal nugter.
Op omtrent so 1000vt bo grond vlak draai Hans stilletjies weer die brandstof oop, die enjin vat met 'n helse "over rev" en Gert begin wegklim asof niks gebeur het nie. Die polisie Kaptein is 'n totale senuwee wrak en begin my dreig met regstappe. Oppad na Mpatcha gee ons eers vir Khatima 'n helse "shoot-up" toe vir Mpatcha en land net so voor laaste lig veilig en redelik nugter.
Ek het die Polisie Kaptein met moeite oortuig dat ons net 'n paar "ten volle beheerde emergency's" geoefen het en hom uitgenooi vir 'n bier in ons Khatima pub - dik pelle.
Pieter Bezuidenhoudt
Groen Mamba
ZU-BIE
User avatar
Pietb
The sky is all mine
The sky is all mine
Posts: 490
Joined: Mon Sep 18, 2006 1:36 pm
Location: Wonderboom

Re: Die "Nugter" Pilot

Postby Pietb » Mon Jul 22, 2013 2:10 pm

:lol: :lol: (^^) (^^)

Lekker Hans...hoekom het ek nog nooit die een gehoor nie ??
Jab ZU-FDZ
User avatar
klein
Going for flight test
Going for flight test
Posts: 196
Joined: Tue May 22, 2012 5:01 pm
Location: Ellisras

Re: Die "Nugter" Pilot

Postby klein » Mon Jul 22, 2013 10:56 pm

vhpy vhpy (^^) (^^) (^^)
I have slipped the surely bonds of earth, and danced the sky’s on laughter-silvered wings ------- Keith Ferris
nicow
The Big Four K
The Big Four K
Posts: 5052
Joined: Tue May 24, 2005 7:09 am
Location: Mooketsi,Duiwelskloof
Contact:

Re: Die "Nugter" Pilot

Postby nicow » Tue Jul 23, 2013 7:28 am

:lol: :lol: :lol: :lol: (^^)
Nico
Limpopo Flight School
nico@limpopoflightschool.co.za
User avatar
Folla
I hate turbulence
I hate turbulence
Posts: 339
Joined: Fri Aug 17, 2012 2:06 pm
Location: Die vreemde in!!!

Re: Die "Nugter" Pilot

Postby Folla » Tue Jul 23, 2013 8:13 am

:lol: :lol: :lol: :shock: :shock: :shock:
Folla

This is not Flying, this is a Flippen Adventure.!!!!![/size]
User avatar
ZU-Nathan
Thinking of flying
Posts: 12
Joined: Wed Jun 27, 2012 2:40 pm

Re: Die "Nugter" Pilot

Postby ZU-Nathan » Tue Jul 23, 2013 10:02 am

Ai die heimwee....
Skitterend vertel Piet !!!

(^^) (^^) (^^)
ZU-EFN
Aquilla
ZU-KYK
Cobra

Flying just got better!!!!

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 13 guests